Gesonde Eetpatroon Om Vet Af Te Skud
Onderskrif
Die sanger Gerrie Pretorius (tweede van regs) en akteur Hennie Smit (Bertie van Egoli) het albei 5 kg verloor gedurende die aanvanklike kursus van die Professional Fat Elimination Programme. Die man agter hierdie gesonde eetpatroon wat die land aan die gons het, is sakeman Christo Strydom (regs) van Groot Brakrivier. Die ander twe plaaslike inwoners wat die aananklike kursus in Bleomfontein meegemaak het, is Walter le Roux van Groot Brakrivier (tweede van links) en joernalis Denise Lloyd (middel) van Mosselbaai.
Kurt Darren en Gerhard Odendaal (Vaatjie) verloor saam 20Kg
Die vet is behoorlik in die vuur en die land is aan die gons oor kunstenaars soos Vaatjie (Gerhard Odendaal) van Mollie en Wors-faam en Kurt Darren se nuwe lywe. Die twee is sigbaar ligter en het die gehore onder andere by Aardklop en by die Idols-finaal laat vrae vra oor hul geheim. Vaatjie het reeds altesaam 12 kg afgskud en Kurt net meer as 8 kg.
6 Persone onder andere Gerrie Pretorius en Hennie Smit verloor 40 Kg
Nog twee kunstenaars Gerrie Pretorius en Hennie Smit (Bertie van Egoli) en twee Suid-Kapenaars, Walters le Roux van Groot Brakrivier en die joernalis Denise Lloyd van Mosselbaai glimlag net so breed. Altesaam het die ses
bykans 40 kg (omgeskakel in  80 x 500g blokke botter) in ses dae verloor
met ‘n nuwe eetpatroon en die langdurige handhawing van ‘n gesonde eetwyse.
Die man agter die groep se nuwe lywe is Christo Strydom van Riversyde in Groot-Brakrivier.
Strydom, wat ook die eienaar van Bains Lodges International is, is die brein agter hierdie projek wat hy as ân ânie-blits dieĂȘetâ beskryf nie maar eerder as ân gesonde eetpatroon wat daarop geskoei is om jou nooit te laat honger ly nie. Dit bestaan uit ân groentesop as basis wat met natuurlike voedsel en geen bygevoegde chemiese middels of pille aangevul word nie. Strydom self het ongeveer 23 kg met hierdie eetpatroon verloor.
Gerhard Odendaal (Vaatjie) verloor ‘n hele 8.5 kg in net 7dae
Dit is veral Vaatjie, wat altesaam 8,5 kg in sewe dae verloor het (en daarna nog 3,5 kg met tweede siklus) wat baie ingenome is met die resultaat. Vaatjie is groot nuus nadat Huisgenoot berig het dat hy op die jong ouderdom van 29 jaar ân pasaangeer moes kry. Die dokter het gesĂȘ hy moet ten minste 40 kg afskud as hy seker wil maak dat hy sy eersteling, wat in Januarie verwag word, wil sien grootword. Vir hom is dit dus lewensbelangrik dat hy die ekstra gewig so gou en veilig as moontlik moet afskud.
Toe hy na die program by die huis in Kempton aankom, was sy vrou Chantell se eerste woorde âLiefie maar jy lyk ongelooflikâ. Vaatjie se gewigsverlies was veral sigbaar aan sy gesig en sy maag. Op navraag oor hoe hy voel het hy met ân glimlag gesĂȘ âfantastiesâ.âEk mag nou nog ân Vaatjie wees, maar kort voor lank beplan ek om soos ân Griekse god te lyk â eat your heart out Gerrie en Kurtâ het hy laggend bygevoeg. Vaatjie is opgewonde oor die 12 kg wat hy sover verloor het en sĂȘ die nuwe eetpatroon en leefstyl werk beslis vir hom.
Kurt het tydens die 7 dae 6.8 kg en Gerrie en Hennie albei 5 kg elk verloor. Le Roux, het 8,3 kg verloor en Lloyd 5.6 kg. Laasgenoemde word as uitstekend beskou aangesien vroue klaarblyklik moeiliker gewig verloor en die vorige proefkonyne nie meer as 4 kg verloor het nie.
 Suiker vlak en bloeddruk onder beheer, sonder dat enige medikasie daarvoor geneem is.
Le Roux, ân diabeet, het binne die eerste dag opgehou om sy daaglikse insulien te spuit. Hierdie besluit is saam met dr Johan Ferreira, wat deurgangs die deelnemers gemonitor het, geneem. Na afloop van die program is Le Roux se suiker en bloeddruk onder beheer, sonder dat hy enige medikasie daarvoor neem.
Eetpatroon reeds 35 jaar gelede gebruik om mediese ondersoeke vir vlieglisensie te slaag
Maar waar kom die eetpatroon vandaan? Strydom het bykans 35 jaar gelede toe hy ân vlieginstrukteur was, die basis vir die eetpatroon by ân Indiese mediese dokter, wat ook ân vlieĂ«nier was, gekry. Strydom vertel dat hy en sy mede vlieĂ«niers destyds maar goed kon eet en kuier . Die ses maandelikse mediese ondersoeke was vir hulle ân nagmerrie omdat hulle van die oortollige vetjies moes ontslae raak voordat hulle die medies kon slaag. Die dokter het die die eetpatroon in breĂ« trekke vir hom neergeskryf en die jongklomp het dit as ân âwonderwerkâ beskou om elke keer hul medies te slaag.
Deur die jare het Strydom half daarvan vergeet totdat een van die argitekte wat by sy bou-projekte betrokke is so drie jaar gelede vir hom van ân sop gebasseerde dieet vertel het wat vir hom werk. Strydom het weer die oorspronklike dieet opgespoor en begin om dit op homself en sy vriende te toets. Die resultate was deurgangs goed, maar nadat hy dit verfyn en voedsel byvoegings gemaak het, het hy die eetpatroon op ân basis waar hy die stelling maak dat mans tussen 5 en 9 kg binne 6 dae kan verloor en dit afhou.
Grootste sondebokke in ons daaglikse dieet is suiker en graanprodukte.
Twee van die groot sondebokke in ons daaglikse dieet is suiker en graanprodukte en albei is taboe met Strydom se eetpatroon. Hierdie stelling word ook sterk deur die bekende prof Tim Noakes van die Universiteit van Kaapstad ondersteun. Volgens hom is die oormatige inname van koolhidrate en graanprodukte skadelik vir menslike grbruik. Hy beweer dat protein eintlik ân eetlus demper is en skryf dit toe aan die feit dat tĂ© hoĂ« inname van protein giftig is vir die mens. Die resultate hiervan is dat lae koolhidraat diĂ«te met ân toename in protein veroorsaak dat ân mens nie honger voel nie.
âDit is presies wat hier gebeurâ beaam Strydom. Die eetpatroon is ryk aan vrugte en groente en protein in die vorm van rooivleis. Slegs op twee geleenthede gedurende die sewe dae word koolhidrate in die vorm van aartappels en bruinrys toegelaat. Na afloop van die program het al die deelnemers getuig dat hulle nooit honger geword het nie.
Gewigsverlieskursuse ook nou in Grootbrak Rivier in die Tuinroete aangebied
âHierdie groep was die proefkonyne en ek is baie tevredeâ het Strydom aan Lalakoi Publishing gesĂȘ. Volgens hom word kursusse by Bains Game Lodge en by Riversyde Manor op Groot-Brak aangebied. âDit is baie makliker om die aanvanklike kursus in groepsverband onder die toesig van ân dokter te doen, veral as daar deelnemers op medikasie is. Ons hou die deelnemers ook aktief betrokke met aktiwiteite soos wildbesigtigings, 4 x 4 ekskursies, masserings en kuiertydâ het hy bygevoeg.
“Na afloop van die 7-dae kursus kan ‘n mens teruggaan om normaal, maar gesond te eet en indien jy nog gewig wil verloor, dan gaan jy weer op die kursus” het Strydom bygevoeg. Hy het beklemtoon dat die deelnemers nog vir ses maande na afloop van die aanvanklike kursus gemonitor word.
By navraag het al die deelnemers gesĂȘ dat hulle nooit honger geword het nie.âWel belustigâ het Kurt bygevoeg. Al die deelnemers sal nou gemonitor word om seker te maak dt hul resultate so bly en dat hulle die gesonde eetpatroon volg en hul gestelde teikens bereik.













