Kalahari Theatre Restaurant George

Kalahari Restaurant and Theatres

Slide 2

Kalahari Restaurant and Theatres

Slide 3

Kalahari Theatre Restaurant George

Kurt Darren, die Kaptein en sy KD-Band en Dansers loop George Storm

February 7, 2012
By

Kurt Darren, die Kaptein en sy KD-Band en Dansers loop George Storm

kurt darren kd band en dansers
Kurt en sy KD Band op 15 en 16 Februarie by die Kalahri Restaurant en Teater in George

Die Kaptein het geen bekendstelling nodig nie en as sy musiek   begin speel, begin ‘n mens se bene outomaties wikkel en beweeg. En nou gaan Kurt Darren behoorlik groot op die verhoog – met ‘n hele orkes en dansers. Vanaf 14 Februarie toer Kurt met sy Kaptein se Platinum Trefferstoer deur die land.  Kurt , met sy vele platinum plate, toekennings, video’s en selfs rolprente is ‘n huishoudelike naam wat nou met ‘n splinternuwe show die land aan die praat gaan hĂȘ – en hy skop  af met vertonings by die Kalahari Restaurant en Teater op George.  Op 15 en 16 Februarie kry die Suid-Kapenaars die geleentheid om saam te kuier en te jil.  Hierdie vertoning beloof om Kurt  met ‘n splinternuwe aanslag aan sy bewonderaars voor te stel.

Kurt Darren op Toer met ‘n 5-stuks Orkes en vier Dansers

Volgens sy bestuurder, Louis van Wyk, van Music Profile Management, is  “Kurt Is baie opgewonde om vir die eerste keer op toer te gaan met ‘n 5-stuks orkes en vier talentvbolle dansers. Die vertoning sal gepak wees met treffers  wat behoorlik die voete sal laat jeuk en wat onthou sal word lank nadat die vertoning reeds verby is.

Nuwe Treffers soos “Lekkerbekkie” en” Somertreffer” sal ook  saam met ‘n hele paar  verrassings gehoor word.

Na 36 treffers, wat “Meisie Meisie” en “Kaptein” insluit, is Kurt  ‘n huishoudelikje naam wat benewens sy sang en flieks ook die gewilde Jukebox op KykNet en later ook op Jacaranda FM gevestig het. Nuwe treffers soos “Lekkerbekkie” en” Somertreffer” sal ook  saam met ‘n hele paar  verrassings gehoor word.

Kaartjies teen R120 per volwassene, R50 (kinders 7 – 12) en R30 (kinders 3-6 jaar) is by die Kalahari by 044 874 5000 beskikbaar.

Tags: ,